STRAATNAAMVERANDERINGS TE PRETORIA EN REGOOR SUID AFRIKA.
Die African Christian Alliance – Afrikaner (ACA) wil graag die beste sien vir Pretoria –
Tshwane en al die inwoners van Suid Afrika.
Daar is ± 100 straatname aan die Provinsiale wetgewer deurgegee vir veranderinge te
Pretoria, asook ‘n onbekende getal ander straatname van stede en dorpe regoor Suid Afrika.
'n Voorlegging van ± 27 name is alreeds aan die Pretoria-Tshwane Metroraad asook vir
openbare deelname deurgegee. (Die openbare deelname het gepaardgegaan met swak
bywoning en het ontaard in skeltaal, vuisgevegte en selfs stoel-slanery tussen verskeie
groepe. Die besonderhede sal binnekort na die Straatnaamkomitee deurgegee word vir
goedkeuring. (Die Straatnaamkomitee word oorheers deur die ANC.)
Die African Christian Alliance - Afrikaner Christen Alliansie (ACA) is teen alle
straatnaamveranderinge. Ons basseer dit op die volgende punte:
•Die Witman het God se Woord (Bybel) en vooruitgang na Suid Afrika en Pretoria
gebring. Selfs in verskeie wêreld en ander oorloë geveg op Suid Afrikaanse
grondgebied en met die bogenoemde se bloed betaal vir dit wat hy besit het. Huise
en plase is afgebrand. Bogenoemde het van vooraf begin om nuwe strukture op te rig
en te onderhou. Dit is deel van Suid Afrika se geskiedenis. Erkenning kom hul dus
toe.
•Enige naamsverandering het uit die aard van die saak ook ernstige finansiele
implikasies, vernaamlik in die moontlike ernstige Wêreld-resessietyd, wat ons
moontlik in Suid Afrika kan raak.
_ Besighede moet op al hul briefhoofde, naamborde en advertensieborde
veranderinge aanbring teen hoë geldelike kostes. Veral die Toerisme-bedryf
sal moet nuwe brosjures druk en ou voorraad vernietig, hier en in die
buiteland.
_ Besighede en inwoners moet hul adresveranderinge deurstuur aan alle
instansies waar hulle besigheid en huurkope het.
_ Land- en Padkaarte, elektroniese GPS moet verander of aangepas word teen
geweldige moeite en geldelike kostes.
_ Nuwe straatnaamborde moet gemaak word ten koste van die publiek, wat
alreeds gestraf word met hoë elektrisiteits- en erfbelastingkostes, tensy jy
geregistreer is as een van die armstes van die stad se mense.
_ Ou straatnaamborde moet afgehaal, en met nuwes vervang word, wat
mannekrag vereis wat elders beter aangewend kan word.
_ Besighede kan moontlik eise vir die geldverlies teen die Metroraad van
Tshwane of enige ander stede / dorpe regoor Suid Afrika instel.
•Die geld bewillig vir straatnaamveranderinge te Pretoria-Tshwane kan eerder
aangewend word vir die opheffing van die pensionarisse en wesies se welsyn,
gesondheidsdienste, teer of herstelwerk aan paaie en / of die verlaging van die
erfbelastingkostes en elektrisiteitstariewe. Bou van nuwe en opgradering of
herstelwerk aan bestaande munisipale huise, woonstelle en hostels in huidige
agtergeblewende gebiede behoort ook aandag te geniet. Kring televisie behoort ook
in plekke geistalleer te word waar ‘n hoë misdaad syfer voorkom en vir ander
voorkomende maatreëls.
•***** Volgens Mnr Lucas Magadagela – van die Pretoria – Tshwane Stad
Beplannings Kantoor “sal die Kostes nie eers R 5,000,000 (Vyf Miljoen Rand) wees
nie” (Vir 27 Straat Name) – sy Selfoon nr. 082 839 5798 (Pvt) Tel. 012 358 4832
F 086 697 3207 / 086 605 6400 (Verdere navrae omtrent die geskatte kostes kan aan
hom gerig word)
•Dit behoort ook so die kriteria regoor Suid Afrika te wees.
As daar nuwe name vernoem en gegee wil word van alle Suid Afrikaners en ander
name, bv. plante en voëls, wat erkenning verdien, laat dit dan geskied in die nuwe
woongebiede, soos goedgekeur en geregistreer in die Databank vir straatname, deur
die Straatnaamkomitee van verkeie metro en ander munisipaliteite.
•So behoort daar ook ‘n Nasionale en ‘n Provinsiale straatnaam Databasis te wees, op
dieselfde basis soos bogenoemde.
Die African Christian Alliance - Afrikaner Christen Alliansie (ACA) sal enige aksie /
proses teen die straatnaamveranderinge wat regoor Suid Afrika plaasvind,
ondersteun.
G
enesis 1:26, 1:28. Die mens is deur God op die aarde geplaas om die hele aarde te
onderwerp (plante) en te heers oor die visse van die see, voëls van die hemel,en oor al die
vee/diere wat op die aarde kruip - maar nie om te heers oor mense nie.
Die mens verkrag hierdie opdrag en manipuleer ander mense vir hul eie gewin.
God sal oorwin ………… “Change for the Good” …………” A Change we Need.”
Petrus van der Westhuizen
Nasionale Leier en 'n Ambassadeur van God.
African Christian Alliance - Afrikaner Christen Alliansie
(ACA)
072 229 3760
aca-admin@lantic.net
aca-party@lantic.net
Michael Jackson - Farrah Fawcett
16 years ago
No comments:
Post a Comment